OM ‘N TWEEDE LEWENSKANS TE VIER deur Mariska Spoormaker

RSG Dokumentêr - Ein Podcast von RSG

Talle Suid-Afrikaners lei 'n lewe van dankbaarheid en aktiewe sport nadat hulle jare lank siek was. Hulle benut die tweede lewenskans wat 'n orgaan- of weefselskenking aan hulle gebied het ten volle, en het in die hartjie van die winter aan die Suid-Afrikaanse Oorplantingspele in Port Elizabeth deelgeneem. Mariska Spoormaker was daar en het baie verhale van hoop, toewyding en selflose liefde gehoor.