OM DIE TSITSIKAMMABOS MET HEINEY TE BELEEF deur Mariska Spoormaker

RSG Dokumentêr - Ein Podcast von RSG

Net soos Daleen Matthee die Knysnabosse vir ons oopgeskryf het, só praat Heiney Jacobs, natuurgids van die Tsitsikamma, die bos vir ons oop. Só passievol deel hy die Tsitsikammabos en alles wat daarin leef en beef, dat ‘n mens voel jy wil jou tentpenne daar inslaan en nooit weer terugkeer na die stad nie.