NOOIT TE OUD VIR BALLET NIE! deur Mariska Spoormaker

RSG Dokumentêr - Ein Podcast von RSG

'n Mens raak skoon uitasem om op die spoor van Louie-Anna Nel, hiperaktiewe ouma van Mosselbaai, te probeer bly. Hierdie 78-jarige vrou swem 'n uur en 'n half lank op 'n slag. Sy doen joga, volg 'n rou vegandieet en is kliphard besig met haar matriek-wiskunde. Drie jaar gelede, toe Louie-Anna 75 was, het sy selfs met balletklasse begin. Mariska Spoormaker het haar in só 'n klas, al dansende tussen die ander bo 60's, aangetref.