MIETA VAN HOFMEYER deur Fritz Klaaste

RSG Dokumentêr - Ein Podcast von RSG

Mieta Kokera is oorspronklik van Hofmeyr in die Oos-Kaap. Sy het as 19-jarige haar heil in Johannesburg kom soek. Vandag is sy 'n enkelouer met vyf kinders wat van dag tot dag 'n bestaan maak in haar sinkhuisie. Hierdie ystervrou vat dit soos dit kom en het elke dag kos op die tafel, en soos sy sê, haar kinders moet klaar skoolgaan.