LANK LEWE LANGARM deur Haidee Muller

RSG Dokumentêr - Ein Podcast von RSG

Langarm-dans was reeds in die koloniale tydperk in die Kaap as ʼn vorm van ontspanning en vermaak bekend. Dit het mettertyd al hoe gewilder geword in die Bruin-gemeenskap, en is beïnvloed deur ʼn verskeidenheid dansstyle en musiek, waaronder Engelse kontradans (oftewel 'Country dancing'), kadriel-danse, militêre dansgroepe en Kaap-Maleise Kadrieldans-groepe. Haidee Muller het by 'n paar groot langarm-geeste in die Kaap, Worcester en Grabouw gaan praat, waar langarm uiters gewild is. Sy het ook met 'n paar ander langarm-liefhebbers gesels oor hoekom hierdie dansvorm hulle so na aan die hart lê.