LAG EN HUIL LÊ LANGS MEKAAR deur Ina Strydom

RSG Dokumentêr - Ein Podcast von RSG

Die dramaturg en skrywer PG du Plessis sê 'n mens moet die mensdom in sy geheel 'n bietjie liefhê, anders kan jy nie skryf nie. Hy praat oor deernis en oor luister; oor mense en oor Fees van die Ongenooides. PG het op 14 Julie vanjaar 82 jaar oud geword.