JONK, SWART EN AFRIKAANS deur Christelle van Tonder
RSG Dokumentêr - Ein Podcast von RSG

Kategorien:
Patrick Shabangu is 'n jong swart man wat Afrikaans groot geword het. Maar sy storie is nie so eenvoudig nie. Patrick se biologiese ouers het vir die Van der Bijl-gesin as huishulp en tuinjong gewerk toe Patrick se ma in 1987 swanger word met hom. In 1994 sou Patrick as sesjarige die eerste swart kind in Elarduspark Laerskool wees. Patrick vertel van sy lewe as 'n swart Afrikaner en hoe hy as gevolg van hoe mense hom sien, deur 'n identiteitskrisis gegaan het na skool.