GIVE A LITTLE LOVE, DIE STORIE VAN IBRAHIM KHALIL SHIHAB deur Martelize Brink
RSG Dokumentêr - Ein Podcast von RSG

Kategorien:
Musieklegende Ibrahim Khalil Shihab, voorheen bekend as Chris Schilder, maak in die ouderdom van 72 'n terugkeer na die verhoog met die hulp van Ramon Alexander, wat Ibrahim as 'n held beskou. Geïnspireer deur 'n musikale familie en sonder enige formele opleiding, het hy van die grootste Suid-Afrikaanse treffers van die jare 70 en 80 geskryf, maar was grootliks as klavierspeler, in die skaduwee van die hoofsangers en ander musikante.