DIE WORTEL VAN ALLE KWAAD deur Christelle van Tonder
RSG Dokumentêr - Ein Podcast von RSG

Kategorien:
Transitiorooftogte het van 2016 tot 2017 met 43% toegeneem. Meer as 90% van hierdie rooftogte gebeur met die hulp van informante aan die binnekant. Onskuldige mense word in die spervuur vasgevang, en sekuriteitswagte boet met hulle lewens deur net hulle werk te doen. Volgens voormalige transito-veligheidswag Mark Austin, is daar altyd iemand aan die binnekant betrokke. Mark het nege jaar lank op die geldwaens gewerk, tot hy verplig was om na 'n ander department te skuif as gevolg van posttrauntiese-stres. Hy was die slagoffer van ses transitorooftogte! Christelle van Tonder kyk na die trauma wat die veiligheidswagte daagliks beleef. Kenners op die gebied, dr. Alice Maree en dr. Hennie Lochner gee insig oor hoe die rooftogte beplan word.