DIE TOEBROODJIE-MENEER deur Mariska Spoormaker

RSG Dokumentêr - Ein Podcast von RSG

Op Uitenhage vind n mens die sonderlinge verhaal van 'n toebroodjie-meneer, wat jare gelede 'n arm, uitsiglose outjie só geïnspireer het, dat hy vandag skoolhoof is. Hy is Stephen de Bruin, hoof van die John Walton Sekondêre Skool op Uitenhage. Hy pas dieselfde beginsels op sy leerlinge toe as sy toebroodjiemeneer, het Mariska Spoormaker gehoor toe sy die skool besoek het.