DIE PINK RODS WIELEWAAI IN DIE BAAI deur Marika Spoormaker

RSG Dokumentêr - Ein Podcast von RSG

Noem dit stampkarre, ovaalbaanwedrenmotors, stock cars of net wat jy wil, maar sorg dat jy minstens een keer in jou lewe gaan kyk hoe jaag die mense in hulle omgeboude motors teen mekaar. Presisie en tydsberekening , met die lepel diep ingetrap, is alles. Mariska Spoormaker het die opwindende motorsport in Port Elizabeth gaan kyk, en uitgevind dat die Pink Rods, 'n spesiale kategorie vir vroue, ook daar laat wielewaai.