CONRAD THEYS: LAASTE KAAPSE IMPRESSIONIS deur Johan van Lill

RSG Dokumentêr - Ein Podcast von RSG

Conrad Theys staan bekend as een van die laaste Kaapse impressioniste. Johan van Lill het by hom in sy huis in Bellville-Suid gaan kuier. Hierdie geliefde Suid-Afrikaanse kunstenaar is al met vele pryse vir sy skilderwerk vereer, onder meer 'n eredoktorsgraad, 'n medalje van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, en onlangs die Suidoosterfees en die ATKV se toekenning vir 'n lewensbydrae in kuns.