ADAM KOK III SE VOETSPORE IN PHILIPPOLIS deur Johan Rademan
RSG Dokumentêr - Ein Podcast von RSG

Kategorien:
Adam Kok III se Griekwas het vir bykans vier dekades floreer in die Philippolis-gebied, voordat hulle uiteindelik voor 'n paar magte moes swig - die Engelse en Duitse dendelinge, Britse oorheersing, die Trekboere, die Voortrekkers en ander vigilante-groepe wat amper soos in die Wilde Weste geleef het. Prof. Doreen Atkinson skets die agtergrond waarteen gebeure in die tydperk afgespeel het. Kaptein Johannes Kraalshoek, 'n Griekwa-leier in die Vrystaat, en oom Booitjie Derisen en sy vrou Katriena vul saam met amateur-historikus met 'n regsagtergrond, sakeman Deon Beneke, die prentjie in. Kom stap saam met Johan Rademane in Adam Kok III se voerspore in Philippolis en hoor hoe die nalatenskap en leefwyse van die Griekwas vandag herdenk word in die Adam Kok III-staproete in Philippolis.