80 JAAR SE SPORT OP RADIO - DEEL 4 deur Johann Russouw

RSG Dokumentêr - Ein Podcast von RSG

1990 – 2017: Onder die Suid-Afrikaanse sporthoogtepunte wat deur die SAUK se Afrikaanse radiostasie, RSG, uitgesaai en in die program ingesluit is, is Suid-Afrika se terugkeer na die Olimpiese Spele in 1992, Suid-Afrika se Rugby Wêreldbeker oorwinnings in 1995 en 2007, Suid-Afrika se sukses in die Afrika Nasies Sokkerkampioenskap van 1996, Hansie Cronje se Protea-krieketspan se oorwinnings oor Pakistan in 1997 en 1999, en Wayde van Niekerk se wêreldrekord toe hy die goue medalje in die 400 m by die 2016 Olimpiese Spele gewen het. Daar word ook hulde gebring aan sportkommentators soos Heinrich Marnitz, Pieter van den Berg, Johan Rademan, Chris Swanepoel en Niekie van den Berg.